Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kryt " deur RONNIE BELCHER
" Kryt " deur RONNIE BELCHER [boodskap #62926] Thu, 30 May 2002 22:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kryt
Ronnie Belcher

By Blouberg stamp 'n tierende suidoos
sy vuis teen wit skuimtoppe van die see
en moker hou vir hou die strand vuisvoos
onder die meeue se bloedlustige geskree.
Die rompe van matroos en houerskip
kom aangerol met ankertou en vrag
en word verpletter teen die riwwe klip
was soos 'n Leviatan lê en wag.
Dan skielik sak die stormwind sy vuis
en raak die asemhaling van die see
weer kalm met 'n reuk van vars harpuis
waar geel stootskrapers skroot en vuil opvee.
En in die bergkom lê die wind doodstil
asof hy sê dis soos die Here wil.
Vorige onderwerp: " Pella lê 'n kruistog ver... " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " Oom Sampie se afskeidslied " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 13:23:22 UTC 2024